Om die eerste beleggings Maatskappy te wees waar beleggers se kapitaal gekoppel is aan ‘n batewaarde in Landbou eiendom
Om aan ‘n bepaalde groep mense met ‘n gemeenskaplike belang die geleentheid te bied waar hul belegging verskans is in ‘n kwynende ekonomie deur te belê in Landbou eiendom (Plase) in ‘n bepaalde “veilige” area waar ‘n nuwe en volhoubare ekonomie tot stand moet kom.
Vrije Kapitaal Beperk is totaal onverbonde aan enige organisasie , beweging , politiekery of instansie en is gestig met die doel om ‘n gefragmenteerde Volk wat gebuk gaan onder erge verdrukking en uitbuiting die geleentheid te bied om eendragtig ekonomies weer selfstandig , selfonderhoudend en vry te wees.
Die doel is om plase op te koop en te verhuur aan konsortiums van boere op een plaas (Gemeenskap plase) waar daar hoogs intensief geboer sal word op tegnologiese gevorderde metodes met waarde toevoeging op produkte wat lei tot verhoogde ekonomie van skaal met ‘n gestruktueerde bemarkings kanaal sodat die boer sy volle aandag aan produksie kan gee.
Die staats kas, staats maatskappye, munisipaliteite, en talle openbare Maatskappye is in groot finansiële verknorsing of is reeds bankrot. Die moontlikheid dat ons ‘n algehele ekonomiese ineenstorting gaan beleef is volgens talle ekonome ‘n voldonge feit. Dit beteken dat pensioene en kontant beleggings by talle maatskappye in ‘n baie kort tydperk waardeloos gaan word. VKB glo dat indien ons ons kapitaal kanaliseer kan ons gesamentlik en eendragtig ‘n “nuwe ekonomie” begin waar daar geen korrupsie of stroping plaasvind wat ons kan benadeel nie. ‘n Ekonomie wat volhoubaar is en wat aangewend word tot voordeel van sy aandeelhouers. ‘n Ekonomie wat kan groei. Voedsel sekerheid gaan vir seker in gedrang kom as anargie uitbreek in die land.
Om ‘n aandeelhouer te word moet jy aansoek doen waarna jy goedgekeur word. Vrije Kapitaal Beperk verkoop aandele @R 1000 per aandeel Jy kan soveel aandele koop soos en wanneer jy wil en kan. Jy kan eenmalig koop maar ook maandeliks soos dit jou pas en moontlik is. Jy gaan bloot na “Aansoek” op die blad , vul die aansoek vorm in en nadat jy alles ingevul het druk jy die “stuur” knoppie en ons ontvang die aansoek , keur dit goed /af. Wanneer jy goedgekeur word ontvang jy ‘n unieke aandeelhouers nommer. Jy betaal die bedrag in wat jy aangedui het in die voorsiende bankrekening en sodra ons bewys van betaling ontvang het , word jou aandeel sertifikaat uitgereik en elektronies aan jou terug gestuur.
Oud Koevoet Bevelvoerder wat nou as sakeman en sendeling funksioneer en wat al jare gelede die visie gehad het van die vestiging van “Gemeenskap Plase”
Email: marius@vrijekapitaal.co.za
Mobile: 082 921 0275
Sakeman en passievolle intensiewe boer vir die afgelope 40 jaar. Hy het al talle suksesvolle besighede bedryf en het talle mense gehelp om suksesvolle besighede te vestig .
Email: johan@vrijekapitaal.co.za
Mobile: 083 627 0670